Sokkie Kursus – Beginners
Benodigdhede vir Suksesvolle Virtuele Lesse
| ONTHOU DIE VIDEOS KAN OOK VERGROOT WORD TOT VOLSKERM MET MOZILLA FIREFOX BROWSER SE “PICTURE IN PICTURE” SOOS BEHOORLIK VERDUIDELIK IN ONS SUPPORT FORUM! |
Benodigdhede vir Suksesvolle Virtuele Lesse
Jy Benodig:
- ‘n Dansmaat.
Die lesse kan glad nie alleen gedoen word nie - ‘n Groot genoeg vertrek.
6 x 6m of 6 x 8m, of selfs groter - ‘n Skootrekenaar, gewone rekenaar of selfs TV.
NB. NIE ‘N SELFOON NIE!! - Wifi.
NB. NIE DATA NIE WANT DATA GAAN VINNIG OPGEBRUIK WORD!! - Gemaklike klere.
Meisies moet van nou af altyd ‘n fietsrybroekie onder haar rokkie of rompie aan hê - Gemaklike toe skoene.
Tekkies vir albei is beste om die toontjies & groottoon se nael te beskerm tydens lesse - Bottel gesuiwerde water.
NB. GEEN ALKOHOL VIR VOLWASSENES NIE WANT NIKS GAAN OPGENEEM OF GESTOOR WORD NIE & SELFVERTROUE GAAN OOK NIE NATUURLIK BOU NIE!! - Bring jou pret persoonlikheid saam.
NB. DIS NIE NODIG OM VERSPOT TE WEES NIE, MAAR DIS NODIG OM DIE MEESTE PRET OOIT TE Hê - Musieksentrum
Speel musiek hard. Dis lekkerder en beter! - Mozilla Firefox Browser
Om beter te sien kan ons videos met “Picture In Picture” slegs op firefox vergroot word tot volskerm. - Aanrol of Stokkie Anti-Perspirant
Spuitgoed werk nie, ons het dit getoets. Dus moet albei aanrol of stokkie in die armholtes aansmeer voor danslesse want jul is baie aktief. Parfuum & Cologne Opsioneel. - GEEN Kougom Tydens Jou Dansles
Die brein fokus op die kou-aksie & stoor dan geen kennis nie.
